Hard

See more by Lucinda Watermeyer

Available at Select Retailers

About the author

Lucinda Watermeyer

Lucinda Watermeyer

Lucinda Watermeyer word in Gauteng (Transvaal) groot en begin haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Kempton Park. Sy matrikuleer aan Hoërskool Framesby in Port Elizabeth, voltooi haar Graadkursus in BA Kommunikasiekunde aan die Universiteit Vrystaat in 1996 waarna sy haar loopbaan as verslaggewer in die Suid-Kaap by die Mossel Bay Advertiser (Group Editors Pty Ltd) begin. Vir 11 jaar kan sy haar passie as skrywer uitleef waarna sy en haar jong seuns in 2011 na Limpopo verhuis. Dit is hier waar sy vir die tweede keer in haar lewe, onverwags, werklik geluk vind. Na nog ‘n jaar as verslaggewer by ‘n plaaslike koerant, roep sy die beroep vaarwel toe sy as fondswerwer vir ‘n nasionale diensorganisasie begin werk. Sy aanvaar in 2012 ‘n oorplasing na die Noord-Gauteng streek en in 2014 besluit sy en haar “LiefReus” om die stad se gewoel weer vir die platteland te verruil. Hul vind hul vrede in Groot-Brakrivier waar sy haar passie vir kunste uitleef terwyl sy voltyds in diens is van hul familiebesigheid werk. Sy begin in 2020 tydens die Covid-pandemie in alle erns skryf en in 2021 sien haar debuut José, die lig. Na dié publikasie in 2021, begin sy aan haar Afrikaanse boek, Hard werk wat in 2023 publiseer word.