About the author

Lucinda Watermeyer

<p><strong>Lucinda Watermeyer</strong></p><p>Lucinda Watermeyer word in Gauteng (Transvaal) groot en begin haar ho&#235;rskoolloopbaan aan Ho&#235;rskool Kempton Park. Sy matrikuleer aan Ho&#235;rskool Framesby in Port Elizabeth, voltooi haar Graadkursus in BA Kommunikasiekunde aan die Universiteit Vrystaat in 1996 waarna sy haar loopbaan as verslaggewer in die Suid-Kaap by die Mossel Bay Advertiser (Group Editors Pty Ltd) begin. Vir 11 jaar kan sy haar passie as skrywer uitleef waarna sy en haar jong seuns in 2011 na Limpopo verhuis. Dit is hier waar sy vir die tweede keer in haar lewe, onverwags, werklik geluk vind. Na nog &#8216;n jaar as verslaggewer by &#8216;n plaaslike koerant, roep sy die beroep vaarwel toe sy as fondswerwer vir &#8216;n nasionale diensorganisasie begin werk. Sy aanvaar in 2012 &#8216;n oorplasing na die Noord-Gauteng streek en in 2014 besluit sy en haar &#8220;LiefReus&#8221; om die stad se gewoel weer vir die platteland te verruil. Hul vind hul vrede in Groot-Brakrivier waar sy haar passie vir kunste uitleef terwyl sy voltyds in diens is van hul familiebesigheid werk. Sy begin in 2020 tydens die Covid-pandemie in alle erns skryf en in 2021 sien haar debuut <em>Jos&#233;</em>, die lig. Na di&#233; publikasie in 2021, begin sy aan haar Afrikaanse boek, <em>Hard</em> werk wat in 2023 publiseer word.</p>